So deur die loop van die vroeë oggend ure, voel ek die ysige koue van die jaarlikse winter. Ek dink aan my voëltjies in die hok buite, asook al diea nder diere en selfs mense wat koud kry.

Met ‘n sagte sug sê ek vir my self dat die seisoen ook sal verby gaan. Ons beleef die koue elke jaar. Die natuur is mooi groen wanneer die tyd reg is, kom die winter om skoon te maak wat klaar is. Blare wat hul tyd gehad het, sny af van die takke en land op die grond. Blomme se bloeisels wat klaar geblom he, gaan af en word ‘n faal keur. Tog het die winter ook sy mooi kant, ons sien dit net nie altyd raak nie.

Dit het my gebring tot die gedagte van my en jou , se lewe. Die seisoene waardeur ons gaan. Elke punt in ons lewe het ‘n doel en ‘n fase in die hoop dat ons God se Wil sal vind. Ons sal dit nooit êrens neergeskryf vind nie, maar soos die seisoene elke jaar, kan ons ingestel wees op die tekens. Elke dag het ons ‘n keuse waar ons kan kies om die tekens te lees of om agteroor te sit en sien wat gebeur.

God het ‘n doel met elkeen van ons, maar Hy is ‘n regverdige God en het ons die mag gegee om te besluit. Natuurlik is Sy grootste begeerte om ons harte te wen, want Hy het ons lief.

Wanneer ons Jesus aanneem as ons Verlosser en Saligmaker, en ons harte oorgee aan Hom, moet ons verstaan en onthou dat die seisoen vir ons nie altyd somer, vol sonskyn sal wees nie. Ons gaan vreugde beleer, hartseerm verwarring, opwindenheid. Ons gaan dae hê waar ons die gevoel en krag sal bevind om enige iets te oorwin, en ander dae wat dit voel of niks wil uitwerk nie, waar ons moedeloos sal verkeer en dink dat ons die stryd verloor het.

Maar hou moed.

Die struikelblokke wat ons op ons paaie kry, moet ons gebtuik as bou blokke om te leer. Juis in sulke tye wat ons die Naam van die Here moet aanroep om hulp.

Psalm 116:1-5 “Ek het die Here lief, want Hy verhoor my smeekgebede. Hy het na my geluister toe ek Hom aangeroep het. Bande van die dood het my omsluit, doodsangs het my aangegryp, ek het benoud en bekommerd geword. Toe het ek die Naam van die Here aangeroep: ,, Here, red my tog!. Die Here is genadig en regverdig, ons God ontferm Hom oor ons.”

Jou struikelblom mag dalk nie voor die dood omdraai nie, en jou lewe mag dalk nie in gevaar wees nie, maar vir Jesus is elke aspek van jou lewe net so belangrik, ongeag hoe groot die probleem is, of hoe klein.

Daar is ‘n tyd vir alles.

God het reeds ons doel en tyd bepaal. Hy het geweet waar ons sal wees en wat ons sal doen nog voordat ons bestaan het.

Psalm 139:13-14 “U het my gevorm, my aanmekaargeweef in die skoot van my moeder. Ek wil U loof, want U het my op ‘n wonderbaarlike wyse geskep”.

Wanneer ons dieper delf in God se Woord, meer tyd spandeer in Sy teenwoordigheid, hoe duideliker sal Sy plan vir ons uitstaan.

Die Woord is nie bymekaar gesit sodat dit op ons bedkassie of boekrak kan lê en stof optel nie, maar dat ons dit sal bestudeer soos ‘n padkaart, ‘n instruksie boek om ons deur die lewe te lei. Met die doel gerig om God se WIl uit te leef sodat ons eendag Sy belofte kan ontvang.

Ons mis baie kere God se seisoen vir ‘n sekere situasie omdat ons nie geestelik ingestel is op Hom nie. Ongelukkig sal ons nooit daardie geleentheid kan oordoen nie, maar ons kan leer en oefen om Sy seisoene raak te sien.

Geduld – een van die moeilikste aksies wat ons as mens kan doen; wag. Wag vir God se tyd. Wag op Sy Woord, wat op Sy wil. WAG.

Onsa as mens, is baie ongeduldig, ek weet ek is. Dis juis deur ongeduld en selfug wat ons, ons doel mis in die lewe. Soek na die Koninkryk van God. Leef Sy wil uit elke dag, laat Hom toe om jou menswees en gedagtes te vervul met Sy genade en wysheid, en die seisoene waardeur jy gaan, sal nie alleen en nutteloos wees nie. Jy sal die leiding en potensiaal sien om die regte saad te plant, sodat wanneer die oes seisoen kom, jou vrugte van top-Jesus gehaldte sal wees.

Matthëus 6:33 “Nee, beywer julle allereers vir die Koninkryk van Good en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.”

God weet wat ons nodig het, en wanneer, Hy ken ook ons begeertes. Soek eers na die wil van Hom en vra dit in die Naam van Jesus Christus en hê geloof dat jy dit sal ontvang.

Johannes 14:13-14 ” Wat julle ook al in my Naam vra, sal ek doen, sodat die Vader deur die Seun verheerlik kan word. As julle My iets in my Naam vra, sal Ek dit doen.”

Laat ons deur gebed en lofprysing vra vir wysheid sodat ons die seisoene kan deur leef op die regte tyd soos die wil van die Here dit vir ons bestem.

Leave a comment